Other Links

Please note

We do not do any book­ings, the con­tact num­ber is in the table, next to Tel no, on the page that you are refer­ring to

River House Camp­site, Rawsonville

Die promi­nente amper­ste beskeie wit pilaartjie wat jou afdraai begroet – maak geen afbreek aan die ongelooflike vallei se uit­sig wat jou neem al langs die heuwel af tussen die wingerde deur tot onder reg teen die riv­ier. Staan­plek nr 6 – my wegkruip plekkie vir die vol­gende paar dae.

Met n stewige ver­welkom­ings hand­druk van Pieter Le Roux en ñ kort opsom­ming van wat die weer vir ons gaan inhou groet hy ons met die oorhandig­ing van ons eie bad­kamer sleu­tel.

Dis reg, elke staan­plek het sy eie bad­kamertjie met ñ lekker ruim warm water stort en die toi­let genoeg arm spasie dat jy heel gemak­lik die dwarslyne op jou blokkies­raaisel ook kan invul. Eers wan­neer die ten­tjie opges­laan en die vrieskassie inge­prop (krag­punt ñ bonus) en die “koue goues“ op ys lê kan jy rustig ageroor sit in jou kamp­stoel en die grootheid van die omliggende berge en kro­nke­lende water­massa voor jou inneem. Dit is eers dan dat jy onthou hoe jy met spe­siale toestem­ming vir Jacky saamge­bring het wan­neer jy sien hoe sy met ongek­ende “Lassy-​tevredenheid“ tussen die lang grassies baljaar.

Met voël nessies wat al langs die riv­ier vanaf die takkies hang – is hierdie ñ voeltjie paradys en som­mer gou word jou voël ken­nis getoets. Miskien beleef jy ook die voor­reg om te sien hoe ñ geel­bekkie met luidrugtige aan­moedig­ing vanaf sy Mamma die 1ste keer met ñ lang strek en sprong sy nessie ver­laat ?òf selfs die Vis­arend dalk hoor roep verder af langs die rivier.

Wan­neer die vuurtjie brand en die laat­mid­dag skadu’s begin hang is dit tyd vir lyn nat maak – so onthou om jou vis­stok in te pak – hierdie waters is glo vol­lop karp en babers wie maar baie sku was tydens ons verblyf ? Dus as jou ego nie te gek­wes voel weens ñ gebrek aan ñ byt op jou lyn kan jy jou lyf dap­per muis hou en ñ bietjie stroom-​op kanoe of net lui lekker stroom-​af op ñ tjoep dryf – maar moet nie ver­baas wees as jy jou rit moet deel met ñ par­mantige pad­datjie of twee…

Wat is daar nog te doen:

1) Vir die avon­tuur junkies kan jy op jou bergfi­ets al langs die riv­ier, oor die laag­wa­ter brug­gie en tussen die wingerde gaan ry.

2) Trek jou ou stap­skoene aan en klim die 15 minute berg-​op na ñ grot op die buur­plaas langsaan (onthou die koplig).

3) Gaan besoek die nabygeleë kelders bv. Slang­hoek & Bads­berg en rond jou terug­keer dan af met ñ vin­nige stop by Willie se “ Cal­abas Bush Pub“ waar jy aan ’n lekker pizza kan smul ter­wyl jy luis­ter na ’n paar growwe local sto­ries. Het jy geweet? Die Slang­hoek Kelder se Rooi Muskadel wat amper jaar­liks pryse wen kom eksklusief vanaf Môre­son Plaas.

4) Staan vroeg op een oggend en sien hoe die môre­son die lughemel in die vêrte oranje verf en sien waarom diè plaas sy naam ges­tand doen.

5) Beproef daardie boskos resepte (sien onder) waar­van jy nog altyd nèt die pren­tjies beloer het en indien die tjop­pie bietjies te veel kole gekry het kan jy altyd jou ver­gryp­ing aan Slang­hoek se ekslusiewe wyne daar­voor blameer.

Wat maak hierdie kamp plek vir my spesiaal?

1) Die gerief van eie pri­vaat bad­kamertjie. Jy kan jou Dove Seepie met gemoed­srus agter­laat son­der om later ñ verdagte indringer haartjie daarop te vind?

2) My ”beste vriend” kon saam­gaan (met spe­siale toestem­ming natuurlik)

3) Daar is slegs 11 staan­plekke (+ 2 cot­tages) jy sal dus nie soos ’n sar­di­en­tjie voel en meer een met die natuur.

4) Met jou staan­plekkie tussen die wingerde en die riv­ier is die lig­ging ongelooflik en die ster­re­hemel amper tasbaar.

5) Dis my geheim…

deur Belinda de Goede

Con­tact Details
Tel no G.P.S. 33.554512, 19.210528
Cell no 0724369377 Email This email address is being pro­tected from spam­bots. You need JavaScript enabled to view it.
Fax Web­site Click here
Camp Details
Near­est Town Rawsonville Max Per­sons Six
Dis­tance from Town 22km, 27 mins Chalets/​Cottages Yes, two
Map View Map Elec­tric­ity Yes
Pets Yes, with prior arrangement Car­a­vans
Shop with basics No Brochure
Tips and things to do

These tips will prob­a­bly apply to many camp sites, but this is what we thought should not be forgotten

1. Dalk n voel boek

Lat­est Camp­ing Articles

Writ­ten on 20/​07/​2015, 12:10 by admin
montagu-caravan-parkaa
Writ­ten on 24/​01/​2015, 12:42 by admin
calabash-bush-pubThis small camp site behind the pub seems to be very pop­u­lar with bach­e­lors par­ties, no dri­ving, and loads of good food and drink to be enter­tained with…
Writ­ten on 02/​04/​2014, 10:11 by Helga
koningskop-camp-siteThe web site is very user-​friendly with a good lay-​out of the camp sites and book­ings grid avail­able, or phone…
128370
© 2014 by Campin­gand­hik­ing in Cape Town, West­ern Cape, South Africa